Mahmoed Ahmadinedjad

Mahmoed Ahmadinedjad
Mahmoed Ahmadinedjad

6de president van die Islamitiese Republiek van Iran
Ampstermyn
3 Augustus 2005 – 3 Augustus 2013
Vise Parviz Davoodi
Esfandiar Rahim Mashaei
Mohammad Reza Rahimi
Voorafgegaan deur Mohammad Chatami
Opgevolg deur Hassan Rohani

Burgemeester van Teheran
Ampstermyn
20 Junie 2003 – 3 Augustus 2005
Vise Ali Saeedlou
Voorafgegaan deur Mohammad-Hassan Malekmadani
Opgevolg deur Mohammad Bagher Ghalibaf

Goewerneur van Ardabil
Ampstermyn
1 Mei 1993 – 28 Junie 1997
Voorafgegaan deur Hossein Taheri (Oos-Azerbeidjan)
Opgevolg deur Javad Negarandeh

Sekretaris-generaal van die Beweging van Onverbonde Lande
Ampstermyn
30 Augustus 2012 – 3 Augustus 2013
Voorafgegaan deur Mohammad Chatami
Opgevolg deur Hassan Rohani

Persoonlike besonderhede
Gebore 28 Oktober 1956 (1956-10-28)
Aradan, Iran
Politieke party Islamitiese Vereniging van Ingenieurs
Eggenoot/-note Azam Farahi
Kind(ers) 3
Alma mater Iranse Universiteit van Wetenskap en Tegnologie
Religie Sjiisme
Handtekening

Mahmoed Ahmadinedjad (Persies: محمود احمدینژاد; gebore 28 Oktober 1956), was die sesde president van die Islamitiese Republiek van Iran. Sy termyn het op 3 Augustus 2005 begin en op 3 Augustus 2013 geëindig.

Ahmadinedjad is as burgemeester van Teheran aangestel op 3 Mei 2003 en tot president verkies op 24 Junie 2005. Voor sy aanstelling as burgemeester was hy 'n siviele ingenieur en 'n medeprofessor by die Irannese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie.

Polities is Ahmadinedjad 'n lid van die Sentrale Raad van die Islamitiese Vereniging van Ingenieurs, maar hy het 'n groter magsbasis binne die Alliansie van Bouers van Islamitiese Iran (Abadgaran). Hy word as een van die hooffigure in die alliansie beskou. Hy word algemeen beskou as godsdienstig konserwatief met Islamitiese en populistiese beskouings. Hy is 'n omstrede figuur in die wêreldpolitiek, onder meer as gevolg van die manier waarop hy Iran se kernprogram nastreef, omstrede stellings oor Israel en die ontkenning van die Sjoa.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne